Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
die Uitverkiesing :Website Builder
Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing
Het God vir Judas bestem tot verraaier?

Het God vir Judas Bestem Tot Verraaier?

'n Verdere vraag waarmee ons dikwels worstel in verband met Judas, is nl.: Het God dan vir Judas van die begin af bestem en verkies om verraaier te word, en dit daarom vir Jesus opgelê om Judas in hierdie besondere posisie te verkies sodat hy 'n bestemde rol kan vervul? Kan ons dan Judas se daad voorstel as deur God bestem en gewil? As ons so sou redeneer, maak ons die Here tot outeur van die sondige daad van Judas, en is die Here dan self die oorsaak van sy optrede, en val sy eie verantwoordelikheid en aanspreeklikheid weg. Na die wil van God moes Jesus wel verraai word, maar ons kan nie sê dat die Here vir Judas persoonlik daartoe bestem het nie, want Jesus het gesê: "Wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word" Matthéüs. 26:24 ). Dan lees ons by die laaste maaltyd die volgende omtrent Judas: "En gedurende die maaltyd - die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskariot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai..." ( Johannes 13:2 ). Dit is dus duidelik dat die duiwel vir Judas tot die verraad aangehits het en nie dat die Here hom daartoe bestem het nie. Judas se verantwoordelikheid word dus nooit opgehef nie. Dit was dus nie vir Judas 'n noodwendigheid om tot die verraad te kom omdat God hom daarvoor bestem het nie, maar omdat hy hom laat verlei het deur die satan.

'n Ander vraag is nl. of hierdie verkiesing van Judas ook te doen het met die verkiesing tot die ewige lewe. Met ander woorde: Wanneer Jesus sê dat Hy die twaalf uitverkies het, ( Johannes 6:70 en 13:18 ), sien dit dan ook op die uitverkiesing tot die ewige lewe en die saligheid? Dan moet ons hierop "Nee" antwoord, omdat die Bybel ons leer dat hierdie verkiesing alleen betrekking het op die apostelskap en nie op die ewige saligheid sodat in Judas se geval hierdie uitverkiesing dan verval het deurdat hy uiteindelik verlore gegaan het nie.

    

 

Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017